Deur aankoop, gebruik of aanvaarding van aflewering van die verskafte items aanvaar die kliënt sonder beperking of voorbehoud die volgende voorwaardes: |
Berien (Edms) Bpk (hereinafter “Berien”) waarborg nie dat die toerusting geskik is vir die kliënt se bedoelde gebruik waarvoor hy / sy dit aangekoop het nie. Geen inligting wat Berien of enige van sy verteenwoordigers of ampsdraers of enige een wat voorgee om namens Berien te praat, mag beskou word as mediese advies nie. Die kliënt erken en bevestig dat hy erken dat aangesien elke individu uniek is, die effektiwiteit en doelmatigheid van die gebruik van die toerusting aangekoop nie gewaarborg is of voorspel kan word vir die doel waarvoor dit aangekoop is nie. |
Die kliënt / persoon waarvoor die items aangekoop is, onderneem om op eie koste en risiko alle nodige advies van ’n geregistreerde mediese praktisyn te verkry oor die geskiktheid van gebruik en veiligheid van die toerusting vir sy unieke mediese / kliniese situasie en dit te volg. Omdat Berien nie beheer oor die gebruik van die toerusting kan uitoefen nie, kan Berien nie aanspreeklik gehou vir die gevolge van gebruik of misbruik daarvan vir enige doel nie – hetsy direk of gevolglik. |
Die kliënt koop die toerusting op ’n “self-toets en self-help” grondslag. Die kliënt onderneem om die vervaardigers se instruksies soos vervat in die gebruikershandleidings te alle tye na te volg en alle redelike voorsorg te tref teen skade van enige aard. Deur aanvaarding van ontvangs van die toerusting bevestig die kliënt ontvangs van gebruikershandleidings; |
Berien se aanspreeklikheid vir wanfunksionering van die toerusting is uitdruklik beperk tot die bedrag wat die kliënt vir die toerusting betaal het. Berien het geen aanspreeklikheid vir brekasie / wanfunksionering veroorsaak deur fisiese, elektriese of ander beskadiging buite beheer van die vervaardiger nie. Berien asook sy verskaffers sal nie aanspreeklik wees teenoor enige persoon of gebruiker vir verlies of skade van enige aard veroorsaak deur die gebruik van die toerusting nie, buiten wat gedek word deur die waarborg van die vervaardiger weens ingeboude gebreke of fabrieksdefekte; |
Berien is gevrywaar van enige aanspreeklikheid en die kliënt vrywaar Berien, sy direkteure en verskaffers teen enige vir enige verliese, aanspreeklikheid, koste en skade wat voortspruit uit of verband hou met verskaffing, verspreiding of enige aspek wat vertoon of aangebied is in verband met die toerusting ongeag die wyse waarop dit veroorsaak is, hetsy finansieel, gevolglik, persoonlik, per abuis of andersins; |
Aanspreeklikheid vir alle uitstaande bedrae berus by die kliënt tot die volle bedrag volgens Berien se BTW faktuur vir al die toerusting wat gelewer word of is, ten volle betaal is deur kliënt en / of mediese fonds. Berien lewer af sodra volle betaling in Berien se bankrekening ontvang is. Alle toerusting bly die eiendom van Berien totdat die volle bedrag van die faktuur vir goedere gelewer betaal is; |
Berien word gemagtig om persoonlike inligting te stoor en te gebruik vir Berien se normale besigheidsprosesse. Berien sal inligting redelikerwys beskerm en nie deel met derde partye nie, tensy byvoorbeeld vereis vir finansiële oudit, wetlike en lisensievoorwaardes. Berien, sy direkteure en personeel word gevrywaar van enige aanspreeklikheid wanneer essensiële inligting by uitsondering verskaf moet word aan instansies soos mediese fondse vir eise en om te voldoen aan lisensie voorwaardes bv van SAHPRA. |
Berien administreer die vervaardiger se waarborg na aankoop vanaf sy geregistreerde adres. Berien sal op geen stadium ’n wyer waarborg toepas of poog om toe te pas as vervaardiger se waarborg nie. Die koper betaal versendingskoste vir inspeksie en herstel. In geval van “geen fout gevind” is die standaard kwotasiefooi betaalbaar. Indien uitstaande bedrae nie binne 3 maande betaal word nie, mag Berien die toerusting afskryf en wegmaak of verkoop om koste te verhaal. |
Aktiveer jou 3 jaar waarborg deur een die form onder in the vul: |